Stories op die wind: ’n Veeltalige Bloemlesing van Noord-Kaapse Verhale

Hierdie bloemlesing van Noord-Kaapse volksverhale is ‘n belangrike bydrae tot die land se orale tradisie. Storievertelkuns is ‘n integrale deel van die mensdom se kultuurerfenis, en volksverhale in die besonder is die neerslag van die ervaring en wysheid wat oor eeue opgedoen is – die resultaat van die oordrag tussen generasies.

Die ontwikkeling van nuwe kommunikasievorme, die geskrewe woord  en elektroniese media, was allermins die doodsklok vir hierdie antieke tydverdryf. Trouens, hierdie moderne kommunikasievorme beklemtoon die belang van storievertelling as ‘n wyse om in te lig en te vermaak.

Die projek is ‘n poging om die tradisie van persoonlike storievertelling  in gemeenskappe terug te bring. Jong deelnemers aan die projek het merkwaardige aanklank gevind by die verhale. Nie net het die verhale bygedra tot groter begrip en waardering vir vorige generasies, inheemse kennis en praktyke nie, maar dit het ook gelei tot ‘n herontdekking van ‘n ryk orale tradisie. Daarby het die ouer storievertellers se aansien onder die jongeres toegeneem, en het daar groter respek vir hulle ontwikkel. Ook is die storievertellers se gevoel van eiewaarde en die erkenning wat hulle van jong mense kry, bevorder.

Ons vertrou dat hierdie bloemlesing, Stories op die wind wat vergesel word van ‘n DVD, eindelose lees- en luistergenot aan jonk en oud sal verskaf.

Pages: 156
Dimensions: A4
Date of publication:  2005
ISBN: 978-1-920219-01-7