Stories Op Die Wind - 'n Veeltalige bloemlesing van Noord-Kaapse volksverhale
Hierdie publikasie dien as 'n gids vir opvoeders wie die volksverhale in die Stories op die wind bloemlesing gebruik in verskillende opvoedkundige kontekste.
Die gebruik van die volksverhale word in die verskillende kontekste aangemoedig en terselfdertyd artikuleer dit met en gee erkenning aan die inheemse kennis en wysheid van die San-en Nama gemeeskappe van die Noord Kaap. Deur die blootstelling aan hierdie volksverhale word daar 'n platform geskep vir die stemme vanuit hierdie gemeenskappe wat deur kolonialisme en aprtheid die swye opgelê was.